Tuesday, October 30, 2012

8.

Saturday, October 27, 2012

7 Afrikaanse kinderstorie

! Die tyd gaan verby. Greon begin hemde maak en Roi broeke. Greon het ‘n Hempmaakbesigheid Roi het ‘n Broekmaakbesigheid. Die hempbesigheid het nou 100 hemde. Die broekbesigheid het nou 20 broeke. Greon vir Roi – “Ek ruil een hemp vir een van jou broeke. Hulle se dis gaaf – kom ons maak so. Hulle ruil een hemp vir een broek. Hulle is albei gelukkig. Greon is gelukkig want hy is al ‘n bietje moeg om net een ou broek te dra – Die broek wat hy nou dra sit te lekker aan sy lyf. Roi is gelukkig want hy is al ‘n bietje moeg om net een hemp elke dag te dra – Die hemp wat hy nou dra laat hom alte netjies lyk…hy is al ‘n bietjie moeg vir sy ou verslete hemp. ‘n Dag of twee gaan verby. Greon sĂȘ vir Roi – “Ek is weer lus vir een van jou broeke. Ek gee vir jou een van my hemde vir een van jou broeke. Roi se – dis ‘n bietjie van ‘n probleem vir my ek het nie meer so baie materiaal vir broeke nie. Hoekom gee jy nie vir my drie van jou hemde vir ‘n broek nie dan kan ek iets kry om te eet en materiaal koop. Greon se nee dit is ‘n bietje kwai gaaf, ek gee jou drie hemde dan gee jy my twee broeke dan kan eek ook iets kry om te eet – Hulle toe “kom ons maak so”. Hulle ruil twee broeke vir drie hemde. Hulle is albei gelukkig. Roi is gelukkig want hy het nou drie hemde vir twee broeke gekry. Roi neem toe een van die hemde en ruil een vir ‘n brood met Mnr Roodt en die ander vir materiaal met Mat. Greon neem een van die broeke en koop ‘n vis by Mnr Visser. Almal is gelukkig met hulle transaksies want almal het iets wat hulle nie gehad het nie gekry in ruil vir iets wat hulle baie van het. Die volgende dag gebeur daar toe ‘n snaakse ding...